Taalprobleme, tienerswangerskappe en lang reisafstande bly die hoofredes waarom leerlinge oraloor Namibië skool verlaat.
Dit is volgens ’n verslag van 2024 wat pas deur die ministerie van onderwys, vernuwing, jeug, sport, kuns en kultuur se afdeling vir data-insameling en -ontleding vrygestel is. Die verslag het onthul ’n verstommende 13 776 leerlinge het skool gedurende die verslagtydperk verlaat. Hiervan het 7 069 leerlinge – meer as die helfte – taalhindernisse as die hoofrede genoem, wat die uitdaging beklemtoon waarmee talle leerlinge te kampe het namate onderrig in senior primêre grade na Engels verskuif. Tienerswangerskappe het gevolg as die tweede grootste rede wat 1 662 leerlinge geraak het, terwyl 1 154 leerlinge hul onderrig laat vaar het weens die lang afstande tussen hul huise en skole, ’n uitdaging wat veral prominent in landelike en onderontwikkelde gebiede is.
Bykomende redes - Ander redes wat in die verslag gelys word, sluit in ouers wat van hul kinders verwag om skool te verlaat (835 voorvalle), siekte of versorgingsverpligtinge (547), die dood van ’n ouer (165), die gebrek aan fondse (124), diskriminasie (45) en swak infrastruktuur (81). Altesaam 98 leerlinge het skool weens hongerte verlaat en slegs 19 gevalle is verbind aan onderwysers se houdings. Die statistieke beklemtoon ook ‘n geslagsdimensie van die skoolverlatingskrisis: Altesaam 7 037 meisies, effens meer as die 6 739 seuns het skool verlaat, wat kommer wek oor die oneweredige impak op meisies, veral as gevolg van swangerskappe en kulturele verwagtinge. Streekgewys lei Ohangwena met 1 741 skoolverlaters, gevolg deur Kavango-Oos (1 562), Kunene (1 385) en Otjozondjupa (1 347). Hierdie vier streke is gesamentlik verantwoordelik vir byna die helfte van die nasionale skoolverlatingsyfers.
Kenners sê die bevindinge is nie heeltemal nuut nie, maar skets die duidelikste statistieke tot nog toe van kwessies wat lank reeds in beleidsbesprekings uitgelig is. ’n Ministeriële verslag van 2020 het voorheen gewaarsku teen die negatiewe impak van taaloorgang op landelike leerlinge, terwyl die hersiene leerlingswangerskapbeleid van 2022 nog nie meetbare sukses opgelewer het nie. “Hierdie syfers is ’n wekroep,” het ‘n onderwysontleder aan Network Media Hub (NMH) gesê. “Die krisis vereis meer as beleide op papier. Dit vereis plaaslike ondersteuningstelsels, gemeenskapsbetrokkenheid en dringende hulpbrontoewysing – veral vir hoërisikostreke.”