"Dis die mense se ding, dis ’n lekke' ding," sê Otis Daniels, wat vandag die Aitsa! handelsmerk bekendstel. Hierdie inisiatief sal oor verskeie platforms, insluitend televisie en sosiale media, die stories van die Suide vertel.
Daniels, wat agtergrond in gemeenskapsjoernalistiek het, sê dat Aitsa! nie net die Suide van Namibië sal bedien nie, maar ook die Noord-Kaap in Suid-Afrika sal besoek en hoop om die hele Afrika vas te vang. "Ons wil onsself nie beperk nie, maar ons glo hierdie deel van die wêreld is die hartklop van Afrika," sê Daniels.
Vir die vestiging van Aitsa! moes Daniels terug na sy geboorteplek, Lüderitz, verhuis waar hy sê hy is opgewonde om weer sy wortels te vind na meer as ’n halfeeu van sy lewe. "Ek is baie opgewonde. Nog voor ek op Lüderitz aangekom het, kon ek al die suiwer blou lug sien. Dit is ook vir my emosioneel – ek is as kind uit die dorp uitgevat en ek het kom kuier wanneer ek kon vir die Kreeffees en vakansies wanneer ek die kans gekry het, maar dit voel vir my asof ek myself nou kom herontdek," vertel Daniels wat jare lank op Walvisbaai gewoon het.
Hoewel Daniels ’n band met sy verlede op Lüderitz vind, vertel hy Aitsa! gaan oor elke klein afdraaipaadjie. "As ons reis of op vakansie gaan jaag ons so vir ons eindebestemming en ons ry klein dorpies op die roete verby. As jy net op Aus afdraai en ’n koffie drink, kan jy net interessante mense leer ken. Ons besef nie wat ons mis nie en met Aitsa! wil ons die mense van hierdie klein dorpies toelaat om hulle stories te vertel," sê hy.
Carla Haak, Synergi Namibië se kreatiewe direkteur en die brein agter die kenmerkende visuele konsep vir Aitsa!, sê sy het dit geweldig geniet om saam met Daniels lewe in die konsep in te blaas, juis omdat hulle sonder woorde op dieselfde golflengte was. "Otis was effens stil, maar ons het dadelik geclick en ons was onmiddelik op dieselfde bladsy," sê sy.
"Onmiddelik toe hy vir my die naam Aitsa! sê het ek gedink dit is so ’n prettige naam en ’n positiewe ding wat ons vir mekaar sê. Ons sê dit altyd as iets goed – hoe kon ons nie die styl laat positief lyk nie?" sê Haak.
Daniels is van mening dat Aitsa! juis ten doel het om die positiewe in Namibië se klein gemeenskappe oor te vertel. "Ons assossieer ons gemeenskappe baie keer met negatiwiteit, maar Aitsa! wil die ware karakter van ons gemeenskappe wys en ons hoop die mense laat ons toe," sê hy.
Een van die hoof-elemente van Aitsa! se styl trek na die lewe (en die Suide) se kronkelpaaie, verduidelik sy. "Ons land is so pragtig en ons mense het stories om te vertel, so die doel van Aitsa! is om die siel van ons land se klein dorpies te verken," sê sy.
– irene-mari@nmh-hub.com.na