GEMSBOK-UPINGTON: Die Upington Western Mounted Games (WMG)-klub het in Julie hul jaarlikse byeenkoms by die Upington Expo-skougronde aangebied.
Ruiters van regoor die Noord-Kaap het die geleentheid bygewoon en gedurende die naweek hul vaardighede, spoed en spanwerk ten toon gestel. Deelnemers van alle ouderdomme het aan die kompetisie deelgeneem en in die verskillende ouderdomsgroepe, naamlik Kinders, Junior, Senior en Veterane, meegeding.
Die sport vereis uitstekende kommunikasie en vertroue tussen perd en ruiter, aangesien elke item met groot akkuraatheid en teen hoë spoed voltooi moet word. Die program het uit verskeie opwindende items bestaan, waaronder Barrel Race, Speedball, Keyhole, Poles, Figure 8 Stake, Figure 8 Flags, Hurry Scurry, Big T en Speed Barrels. Hierdie items het nie net die ruiters se vermoëns getoets nie, maar ook die atletiese vermoë van hul perde.
Volgens die organiseerders was die byeenkoms ’n groot sukses. Die gees van sportmanskap, kame- raadskap en liefde vir perde was duidelik sigbaar, terwyl deelnemers mekaar aange-moedig en ondersteun het. Toeskouers is op die punt van hul stoele gehou deur die vinnige en opwindende kompetisie wat deurentyd plaasgevind het.
Western Mounted Games groei steeds in gewildheid in die Noord-Kaap en bied jong en ouer ruiters die geleentheid om hul talente te ontwikkel, nuwe vriende te maak en op provinsiale en nasionale vlak mee te ding.
Die fokus verskuif nou na die Nasionale Western Mounted Games-kampioenskap wat van 28 September tot 2 Oktober in Parys in die Vrystaat plaasvind. Verskeie ruiters van die Noord-Kaap sal daar in aksie wees en sien daarna uit om hul provinsie met trots te verteenwoordig. Die deelnemers oefen reeds hard om hul beste prestasies op die nasionale verhoog te lewer.
Jy kan elke Vrydag jou gratis Gemsbok op WhatsApp kry! Volg die skakel - https://whatsapp.com/channel/0029VbCfMcCLtOj9eXoohS29
Popular on Aitsa
Stand-off: TotalEnergies demands key govt assurances before Venus investment
- one year ago
- 5054 Views
Budgetary allocations for Lüderitz State Hospital not utilised
- one year ago
- 4581 Views
Legal experts clarify Namibia’s age of consent laws
- one year ago
- 2971 Views
Never Miss A Post!
Sign up for free and be the first to
get notified about updates.
Search
YouTube Video
Recent Post
Fighters from RSA and Zim take on African champions
- one year ago
- 1698 Views
Fighters from RSA and Zim take on African champions
- one year ago
- 1698 Views
Fighters from RSA and Zim take on African champions
- one year ago
- 1698 Views
Fighters from RSA and Zim take on African champions
- one year ago
- 1698 Views
Copyright © 2026
Network Media
Hub
Network
Innovation Hub