EMSBOK-UPINGTON: Rayno Nel, die oud-Upingtonner, is weer die SCL-wêreldkampioen vir 2026 - hy behaal ’n driekuns ná ’n uiters dominante naweek in Upington, Suid-Afrika.
Rayno het die eindstryd met slegs 5 beginpunte betree, maar het daarna ses van die nege uitdagings gewen. Hy het in geen enkele item buite die topvyf geëindig nie en het ’n massiewe Suid-Afrikaanse rekord van 460 kg in die doodoptel (deadlift) opgestel. Dit het hom ’n totaal van 124,5 punte en ’n derde agtereenvolgende wêreldtitel besorg. ’n Kampioen wat dit werklik verdien.
Evans Nana van Ghana behaal ’n uitstekende tweede plek. Sy konsekwentheid verbeter voortdurend en aangesien hy reeds sy plek vir die 2027 *World’s Strongest Man*-kompetisie verseker het, kan ons dalk volgende seisoen selfs groter prestasies van hom verwag.
Kevin Hazeleger van Nederland voltooi die podium ná ’n uitstekende vertoning in die eindstryd. Hy het een item gewen en sterk presteer in ’n wye verskeidenheid dissiplines. Hopelik sal prestasies soos hierdie vir hom nog meer groot geleenthede in 2027 oopmaak.
Austin Hamm het in die vierde plek en Jan Lacina in die vyfde plek geeindig. Albei was die hele naweek ongelooflik indrukwekkend, en ek hoop om volgende seisoen nog baie van hulle te sien. En alle respek aan elke atleet wat deelgeneem het. Dit was ’n lang seisoen, gevolg deur nege uitmergelende items en tog het almal tot by die finale “Atlas Stones”, ’n ongelooflike vertoning gelewer.
Die volledige puntestand is as volg:
1. Rayno Nel, Suid-Afrika: 124.5 PTS, 2. Evans Nana, Ghana: 102 PTS, 3. Kevin Hazeleger, Nederland: 99.5 PTS, 4. Austin Hamm - 86.5 PTS, 5. Jan Lacina - 85 PTS, 6. Adam Roszkowski - 80 PTS, 7. Patrick Eibel - 78 PTS, 8. Andrew Langelaar - 74.5 PTS, 9. Jesper Hansson - 71.5 PTS, 10. Tristain Hoath - 70.5 PTS, 11. Péter Juhász - 65 PTS, 12. Oleh Pylypiak - 43 PTS, 13. Gianluca Ardenghi - 43 PTS en 14. David Bezuidenhout - 20 PTS.
Jy kan elke Vrydag jou gratis Gemsbok op WhatsApp kry! Volg die skakel - https://whatsapp.com/channel/0029VbCfMcCLtOj9eXoohS29