Wanneer sluise by oorvol damme oopgetrek word, is oorstromings en vloede altyd ’n risiko.
Die groot damme in die Oranje-Vaalrivierstelsel, wat tans oorvol is, het vreugde gebring, maar gelyktydig heers daar groot kommer ná verskeie sluise by die Vaaldam onlangs getrek is. Veral landbouboere, hul werkers en besigheidslui langs die Benede-Oranjeriviergebied hou asem op vir die massas water wat op pad is na die Atlantiese Oseaan. Dorpe soos Upington, Kakamas, Keimoes val in die gebied, waar veral druiwe, katoen en lusern geplant word. Dit het gebeur nadat die Suid-Afrikaanse Departement van Water en Sanitasie (DW&S) verlede week agt sluise by die Vaaldam getrek het. Dit het groot onmin en kommer onder boere en eienaars van gastehuise en -oorde langs die Benede-Oranje ontketen. Die sluise is intussen weer gesluit, maar die massas water is tans op pad na laerliggende dele tot by Douglas, waar die samevloeiing van die riviere is. Hiervandaan beweeg dit langs die Oranjerivier en behoort dit binnekort by die Upington-omgewing aan te kom.
Hannes de Wet van Agri SA, is ’n kenner van damme en vloede. Volgens hom is vloede ’n natuurlike verskynsel, net soos ’n droogte, en dit kan net tot op ’n sekere punt beheer word. Hy was egter nie té bekommerd oor die Benede-Oranjeriviergebied nie. “Eerstens kan ’n mens nie ’n vloed met ’n dam keer nie, net vertraag. Die afgelope vier jaar was daar elke jaar ’n vloed of hoogwater en dit het die manne redelik paraat gemaak. Hulle weet nou al wanneer om die pompe uit te trek en die water uit die landerye te hou. Die Benede-Oranje het redelike vloedwalle wat ook help.”
Volgens Willem Symington, president van Agri Noord-Kaap, doen die amptenare goeie werk ten opsigte van waterbeheer. Hy het ook genoem dat die watervloei by verskeie plekke in die rivier gemeet word. Dit is om plek te maak vir water om in damme te vloei. Hy was versigtig oor voorspellings en vrese vir potensiële vloedskade: “Ons hou asem op, want al die damme is vol, maar dit gaan nie regtig die Benede-Oranjeriviergebied raak nie. Mens kan nie op grond van weervoorspellings vooruit in damme probeer plek maak vir nog water nie. Indien iemand byvoorbeeld sluise onnodig trek en daar is vloede, dan is dit ’n mensgemaakte fout. Hiervoor kan die regering nie verantwoordelik gehou word nie, maar wel die betrokke persone.”
In Mei vanjaar het watermassas vanaf die Vaal- en Bloemhofdamme ook vir groot oorstromings en skade gesorg. Die minister van Landbou, Pemmy Majodina, het tydens dié vloede hewig onder skoot gekom oor haar onbevoegdheid. Daar was onder andere beskuldigings dat haar departement soms te laat die sluise trek of nie altyd weet hoe om die in- en uitvloei van damwater te beheer nie. Sy het teruggekap en gesê dat eienaars van eiendomme dit eenvoudig moet verlaat of maar weggespoel kan word. Intussen wag almal vir die massas water om die Benede-Oranje te bereik.