GEMSBOK-UPINGTON: Noord-Kaap se jaarlikse Sierduif streekskou is op 25 April 2026 te Upington op die skougronde gehou.

Die skou was ‘n groot sukses en duiweboere van oral het kom spog met verskillende rasse duiwe. Die skou het gegroei tot 617 sierduiwe wat 47 rasse verteenwoordig deur 32 vir 2026. Die beoordelaars moes kopkrap tussen al die duiwe om die kampioene aan te wys. Die afgelope klompie jare was daar goeie ondersteuning uit ander streke.

Seppie Esterhuizen skryf: “Behalwe ons gewone streekskou wat verskeie rasse verteenwoordig, was daar ook vir die Chinese uile en Strikduiwe ‘n Jongduifskou aan. Vyf rasse het meegeding nl Chinese uile, Old German Owls, African Owls, Italian Owls en Santinette. Die beste jongduif is vir elke ras aangewys en uit die 5 duiwe die beste Jongduif. Alle raswenners in die groepe het ook deel geneem ook deel aan die streekskou se Top 7 kompetisie vir die seniors en juniors."

Daar was groot druk op die telers wat die vorige jaar se kampioene vertoon het om onttroon te word deur ander vertoners! "Ons borge het ons baie gehelp, want sonder hulle kan jy nie so ‘n skou aanbied nie, van pryse vir die wenners sal daar geen sprake wees nie. Upington is ver van die ander streke geleë, so die koste is hoog vir vertoners van ander provinsies om hier te kom skou."

Om vertoners en beoordelaars te trek, verg beplanning en kreatiwiteit. "Jou aanbieding moet so wees dat hulle volgende jaar weer wil kom skou of optree as beoordelaars. Ons het ook ‘n looitjie-projek wat elke jaar ‘n mooi klompie rande inbring."

Die hoofbeoordelaar was Wikus van Niekerk van Pretoria en drie senior beoordelaars, naamlik Chris de Bruin, Pieter Neethling en Christo Munnik.

Die uitslae is as volg: Top 7 Senior Kampioen: Gros Mondain van Dawie vd Heever, Reserwe Kampioen:Gazzi Modena van Seppie Esterhuysen, 2de Reserwe en Beste jongduif: Kartelrug van Helene Roodt, 3de Reserwe:Engelse Trompetter van Dries Cilliers, 4de Reserwe: Mookee van Phillip Lee, 5de Reserwe: Cauchois van Grahm Neethling, 6de Reserwe: Lahore van Helene Roodt en Top 7 Junior Kampioen: Gros Mondain van Marie Wessels.

Reserwe Kampioen: Working Homer van Lihan Geldenhuys, 2de Reserwe: ASR van Lihan Geldenhuys, 3de Reserwe: Portegeuse Tuimelaar van Lihan Geldenhuys, 4de Reserwe: American Giant Homer van Leendert Snyman Jnr, 5de Reserwe: Modeneser van Leendert Snyman Jnr, 6de Reserwe: Birmingham roller van Leendert Snyman jnr Uil en Strik-

duifklub. 

Jongduifskou Kampioen : Italiaanse uil van Leendert Snyman, Reserwe Kampoen:

 Satinette van Helene Roodt, 2de Reserwe: Old German Owl van Lihan Geldenhuys

 3de Reserwe: Chinese Uil van Dries Cilliers en 4de Reserwe: African Owl van Leendert Snyman.

Onthou, jy kan elke Vrydag die skakel na jou gratis Gemsbok op WhatsApp kry! Volg net die skakel! https://whatsapp.com/channel/0029VbCfMcCLtOj9eXoohS29