GEMSBOK - UPINGTON: Die apparatus in Upington se parke kan nou vir al die goeie redes nie misgekyk word nie.
Die plaaslike AfriForum-tak het die klimrame, rondomtalies en swaaie afgeskuur en met helder kleure van rooi, blou, groen en geel oorgeverf. Die parke wat opgeknap is, is geleë in Middelpos op die hoek van Wildebees- en Quarrystraat en op die hoek van Dwarsstraat en Gemsbok-laan, en in Florapark by die Modesta-woonstelle op die hoek van Kanniedood- en Saffraanstraat. Die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit hou nou al vir ongeveer 30 jaar nie die parke in stand nie. Dit het AfriForum slegs twee dae geneem om die parke se apparatus oor te doen.
Die glyplanke het ook elk ’n nuwe plank ontvang wat aan die raamwerk van die glyplanke vasgesweis is. AfriForum het ook die kragbokse om die parke met groen oorgeverf, asook ’n kragboks in Stasiekamp en drie kragbokse in Dr Nelson Mandela-rylaan. Terselfdertyd is die paaltjies om die parke afgeskuur en met geel oorgeverf sodat voertuie om veiligheidsredes nie toegang tot die parke het nie. “Ons hoop om die parke tot hul volle glorie te herstel sodat families kosbare herinneringe hier kan bou, net soos in die ou dae. Mag die nuwe kleurvolle kleure van die apparatus aanloklik wees vir klein kinders om te geniet,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari. Beriggewing GEMSBOK

Popular on Aitsa
Budgetary allocations for Lüderitz State Hospital not utilised
- 4 weeks ago
- 2199 Views
Cactus farming starts bearing fruit on Farm Namseb
- a month ago
- 795 Views
Concerned group calls on minister to investigate Lüderitz Town Council dealings
- 3 months ago
- 591 Views
Never Miss A Post!
Sign up for free and be the first to
get notified about updates.
Search
YouTube Video
Recent Post
MultiChoice Namibia boosts local content with new ‘Ombura’ projects for 2025
- 4 months ago
- 116 Views
Do You Know How Amazing You Are?
- 2 months ago
- 94 Views
Young graduate uses storytelling to uplift her community
- 2 months ago
- 240 Views
Op die langpad saam met Antie Anna
- 2 months ago
- 408 Views
Copyright © 2025
Network Media
Hub
Network
Innovation Hub
Modal title
...