Die N/a’an ku sê-stigting is eersdaags in die kollig met sy medestigter Marlice van Vuuren en veearts dr. Maaike de Schepper wat ’n kykie in die alledaagse lewe van natuurbewaarders in Vet in the Wild sal bied.


Dié program begin op Wêrelddieredag op Saterdag 4 Oktober, en sal weekliks op die Nederlandse televisiekanaal, NPO 3, uitgesaai word. In die eerste twee episodes sal kykers kan sien hoe ’n leeupaar aan mekaar voorgestel word en ’n olifant hervestig word. “Wat jy in Vet in the Wild sien, is die daaglikse werklikhede by N/a’an ku sê – ’n plek waar elke lewe saak maak. “Hierdie stories wys die toewyding van ons hele span en die uiterstes waartoe ons sal gaan om te sorg dat wilde diere ’n tweede kans kan kry,” sê Van Vuuren.


Die N/a’an ku sê-stigting is eersdaags in die kollig met sy medestigter Marlice van Vuuren en veearts dr. Maaike de Schepper wat ’n kykie in die alledaagse lewe van natuurbewaarders in Vet in the Wild sal bied. Dié program begin op Wêrelddieredag op Saterdag 4 Oktober, en sal weekliks op die Nederlandse televisiekanaal, NPO 3, uitgesaai word. In die eerste twee episodes sal kykers kan sien hoe ’n leeupaar aan mekaar voorgestel word en ’n olifant hervestig word. “Wat jy in Vet in the Wild sien, is die daaglikse werklikhede by N/a’an ku sê – ’n plek waar elke lewe saak maak. “Hierdie stories wys die toewyding van ons hele span en die uiterstes waartoe ons sal gaan om te sorg dat wilde diere ’n tweede kans kan kry,” sê Van Vuuren.

Facebook