GEMSBOK-UPINGTON: Die Departement van Binnelandse Sake het sy pogings verskerp om groen ID-boeke uit te faseer deur aansoek punte vinnig uit te brei deur ‘n nuwe digitale vennootskap met groot Suid-Afrikaanse banke.
Die departement se plan is om teen laat 2026 meer as 1000 aansoek punte (insluitend takke vir Binnelandse Sake) te hê. Suid-Afrikaners sal tyd gegun word om na die nuwe slim-ID-kaart oor te skakel. Die departement sal voor die tyd ‘n redelike sperdatum vir die uitfasering van die groen ID-boek moet aankondig. Ten tyde van die versending van hierdie nuusbrief is daar geen kennisgewing in die Staatskoerant gepubliseer nie.
Indien jy of enige personeellid: Steeds ‘n groen ID-boek besit, oorweeg dit asseblief om proaktief aansoek te doen vir ‘n Smart ID-kaart. Die slim-ID-kaart is veiliger, minder kwesbaar vir identiteitsbedrog en is die regering se beoogde vervanging van die groen ID-boeke.
Wanneer ‘n groen ID-boek of slim-ID-kaart as verlore/gesteel by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangemeld is, dan word dit aangeraai om so gou moontlik aansoek te doen vir ‘n nuwe slim-ID aangesien jou ID as ongeldig op die Departement van Binnelandse Sake rekords gemerk sal word en jy sal dit nie kan gebruik deur ‘n kopie as bewys van identiteit aan te bied nie.
Onthou dat CIPC en die uitreikings datum van jou ID toets en slegs die nuutste weergawe aanvaar vir die indien van jaarlikse CIPC en BO opgawes (voordelige eienaarskap opgawes). Dit is dus belangrik dat jy ons van ‘n afskrif van die nuutste weergawe van jou ID voorsien.
Berig: Du Toit van den Heever
Popular on Aitsa
Budgetary allocations for Lüderitz State Hospital not utilised
- 7 months ago
- 3438 Views
Stand-off: TotalEnergies demands key govt assurances before Venus investment
- 6 months ago
- 1821 Views
Cactus farming starts bearing fruit on Farm Namseb
- 7 months ago
- 1694 Views
Never Miss A Post!
Sign up for free and be the first to
get notified about updates.
Search
YouTube Video
Recent Post
Media ombudsman’s term extended until June
- 10 months ago
- 716 Views
An open letter to the Ministry of Education, Innovation, Youth, Sport, Arts and Culture
- 10 months ago
- 739 Views
The need for government to strengthen Namibia’s environmental health framework
- 10 months ago
- 832 Views
The need for government to strengthen Namibia’s environmental health framework
- 10 months ago
- 832 Views
More Stories
Copyright © 2026
Network Media
Hub
Network
Innovation Hub