GEMSBOK - UPINGTON: Ter viering van Op die Voorpos se 140ste bestaansjaar, hou Pick ‘n Pay ‘n Voedsel- en Wynfees op 25 en 26 Julie 2025.
Merk alreeds albei die datums op jou kalender af, want dít gaan voorwaar n fees wees waar trots, tradisie en lekkerte bymekaarkom. Die fees word by Hoërskool Upington gehou, wat terloops volgende jaar 130 jaar oud is, en hulle vieringe ook deel van ‘n Voedsel- en Wynfees sal vorm. Pick ‘n Pay wil hierdie fees ‘n jaarlikse instelling maak. Vanjaar se Voedsel- en Wynfees, beloof om ‘n fees vol geur en geselligheid te wees. Al die fondse wat tydens die fees ingesamel word, is ten bate van Primêre Skool Op die Voorpos. Die fees strek oor twee dae en die hele gemeenskap word uitgenooi om dit by te woon.
Bea Swart, een van die organiseerders, sê daar is nie ‘n spesifieke program nie, die idee is dat mense net moet saam kuier. Die eerste dag, 25 Julie 2025, begin om 18:00 en sluit ‘n wynglas, vingerete en wynproe teen R250 in. Mense sal kan kom wynproe en wyn aankoop terwyl hulle aan heerlike versnapperinge smul. Veilige parkering sal teen R50 op Op die Voorpos se sportveld beskikbaar wees. Feesgangers sal ook van n pendeldiens gebruik kan maak.
Dié fees word op 26 Julie 2025 voortgesit. Verskeie plaaslike stalletjies gaan kos te koop aanbied en heelwat wynhuise het alreeds laat weet dat hulle wyne gaan uitstal wat te koop aangebied sal word. Die hekke sal vanaf 10:00 oop wees teen R150. Dít sluit n wynglas en wynproe in. Geen kinders onder 18 jaar word toegelaat nie. Kaartjies beskikbaar by: Pick en Pay, Ougoud, Voorpos kantoor en by Voorpos personeel. Vir enige navrae, kontak gerus vir vir Mariska Lindeque, Pick ‘n Pay bestuurder by 054-331 2719 of Bea Swart by 082 415 8772. Inligting soos verskaf deur GEMSBOK