GEMSBOK - UPINGTON: Hartbewustheidsmaand word in September regoor Suid-Afrika gevier en dis waarom die Van der Westhuizen-gesin hierdie geleentheid aangryp om weer eens bewusmaking te kweek en ondersteuning te bied, aan persone wat deur hartsiektes geraak word.


Hulle storie het begin toe hul dogtertjie Leilah, nou 10 jaar oud, voor haar geboorte gediagnoseer is met CHD (Congenital Heart Disease) en ook ‘n gewas op haar regterlong. Dokters het geen hoop op lewe gehad vir haar nie en het die familie aangeraai om die swangerskap te beëindig. Te midde van hierdie nuus, het die familie aanhou glo en bid dat hul dogtertjie sal bly leef. Na vyf jaar van operasies, tonne gebede, ondersteuning van familie en vriende en ook die Organisasie HeartKids SA, kan hulle hierdie jaar die 2de Bigwalk doen. “Ons is oneindig dankbaar vir die ondersteuning wat ons verlede jaar by die Eiland gekry het. Upington het ons werklik verbaas,” het moeder Vanessa gesê. “Nuwe vriendskappe is gebou en ons kan mekaar dra wanneer tye moeilik word.”


Hierdie jaar se HeartKids SA Bigwalk vir Leilah gaan op Vrydag 3 Oktober 2025 om 18:00 by Roepersfontein Bediening plaasvind. Die fooie beloop R100 vir volwasse persone en R50 vir kinders onder 12. Die skakel is beskikbaar slegs volwasse persone se kaartjies. https://www.quicket.co.za/.../332948-2025-heartkids-sa.../ Kinders betaal by Registrasiepunt. Registrasie 17:00. T-hempde en ander items sal te koop aangebied word.

Facebook