GEMSBOK-ASKHAM: Dis weer tyd vir die gewilde Askham Boeresport wat elke jaar gedurende Julie aangebied word.

Vanjaar is die opwindende dag op 11 Julie en die bedrywighede begin sommer vroegoggend. Die opening word om 08:00 gedoen waarna die inskrywings vir die perde en ander speletjies soos Armdruk, Paalsaag, Kussingslaan, Windbuks skiet, Boeresport speletjies, toutrek, Wine Run en ander gedoen kan word.

Vanaf 09:00 tot 12:00 word die verskillende Boeresport speletjies gehou. Dieselfde tyd begin die Liefierally. Daar is ook weer ‘n Mnr. en Mej. Kalahari wat vanaf 09:30 tot 11:00 in die markiestent gehou word. Om 11:00 begin die Armdruk, Paalsaag, Kus-sing-slaan en Toutrek-kompetisies ook. Hierdie jaar is daar baie moeite gedoen om nuwe items op die program te plaas. Kinders, jongmense en ouers kan almal deelneem en hul vernuf kom toets.

Die perderesies wat jaarliks vir baie opwinding sorg, begin om 13:00 met die 400 m speletjies perde, 800 m speletjies perde, 1000 m boerperd- resies en 1200 m volbloed resies. Om 15:00 word die Wine Run gehou, gevolg deur die Quartermiles. Dit is belangrik dat die perdemanne moet onthou dat daar vooraf inskrywings vir die 1000 m Boerperdresies en 1200 m Volbloedresies gedoen moet word. Dit help die organiseerders om betyds die nodige reëlings en beplanning te tref. Kontak Barnard Boshoff om jou plek te bespreek: 082 584 4486.

Daar is nie vergeet van die rugbyliefhebbers nie en die wedstryd tussen die Bokke en die Skotte kan na 17:00 gekyk word op ‘n groot skerm. Armand Steenkamp tree om 20:00 op en dan kan almal dans tot laataand. Daar is ‘n groot verskeidenheid kosstalle- tjies waar jy iets te ete en drinke kan koop. Mooigoed soos juwele, leerprodukte, klere, speelgoed, braairoos- ters, kussings, tafellopers en sakke, om net ‘n paar te noem, kan by verskeie stalletjies gekoop word. 

Mense kan gedurende die dag kuier in ‘n groot markiestent of op die terrein waar bankies en stoele geplaas word. So, bring jou kaart en kontant en kom geniet ‘n heerlike wintersdag vol opwinding in die Kalahari.