GEMSBOK-UPINTON: Die bekende Kolskoot Vleismark, het onlangs die bedryfsgunsteling-toekenning gewen vir een van die beste van die bestes in die Noord-Kaap, tydens die 21ste Jaarlikse BestBusiness.co.za Cleaver-toekennings.
Hierdie toekennings erken die mees vooraanstaande slagters regoor Suid-Afrika, wat uitnemendheid in kliëntediens, produkgehalte en sake-innovasie verpersoonlik. Sommige van Suid-Afrika se beste slagters het Cleaver-toekenningstrofeë ontvang. Só word die land se toptalent in die vleisbedryf gevier.
Die BestBusiness.co.za Cleaver-toekennings word met trots ondersteun deur ‘n uitsonderlike groep borge wie se toewyding aan Suid-Afrikaanse besigheid, innovasie en uitnemendheid hierdie gesogte geleentheid moontlik maak. Arch Retail Solutions, HC Group, GoSolr en Pesuco bring elk hul eie kundigheid, energie en bedryfsleierskap na die toekennings, terwyl hulle ‘n gemeenskaplike oortuiging deel om die land se beste slagtersondernemings te erken en te ondersteun.
Elke jaar erken die BestBusiness.co.za Cleaver-toekennings daardie slagters wat bo en behalwe gaan om uitsonderlike diens en kwaliteitsprodukte aan hul kliënte te lewer. Die toekennings dien as ‘n kenmerk van uitnemendheid en vertoon diegene in die bedryf wat die hoogste vlakke van vakmanskap, volhoubaarheid en kliëntetevredenheid bereik het. Hierdie jaar se ontvangers van die 21ste Jaarlikse Cleaver-toekenningstrofee verteenwoordig nie net die toppunt van Suid-Afrikaanse slagtery nie, maar stel ook steeds nuwe standaarde vir diens en innovasie.
Die toekennings beklemtoon die noodsaaklike rol wat slagters speel in die verskaffing van hoë kwaliteitsprodukte, terwyl tradisionele vaardighede en vooruitdenkende praktyke gehandhaaf word. “Hierdie jaar se wenners is erken vir hul toewyding om die hoogste kwaliteitsstandaarde te handhaaf en hul vermoë om aan te pas by ver- anderende markaanvraag,” het Sherry Sargent, skakelbeampte gesê.
Kolskoot Vleismark is geleë in Jennekestraat, 3, Upington, net na die robot op die Keimoespad. Dié slaghuis het op 14 Julie 2014 sy deure geopen met net vier personeel en vandag, 12 jaar later, is daar 14 personeel werksaam.
Jy kan elke Vrydag jou gratis Gemsbok op WhatsApp kry! Volg die skakel - https://whatsapp.com/channel/0029VbCfMcCLtOj9eXoohS29